Wees meer produktief deur “nee” te sê

Lana de Jong

 

Om nie iets te doen nie, sal altyd vinniger wees as om dit te doen. Hierdie stelling laat my dink aan die ou rekenaarprogrammering wat sê: ‘Onthou dat daar geen kode vinniger is as geen kode nie.’

 

Dieselfde filosofie geld op ander lewensterreine. Daar is byvoorbeeld geen vergadering wat vinniger verbygaan as om glad nie ‘n vergadering te hê nie.

 

Dit is nie te sê dat jy nooit weer ‘n vergadering moet bywoon nie, maar die waarheid is dat ons ja sê vir baie dinge wat ons nie eintlik wil doen nie. Daar is baie vergaderings wat nie gehou hoef te word nie.

 

Hoe gereeld vra mense jou om iets te doen, en jy antwoord net: ‘Sure thing.’ Drie dae later word jy oorweldig deur hoeveel daar op jou taaklys is. Ons word gefrustreer deur ons verpligtinge, alhoewel ons self daarvoor ingestem het. Dit is die moeite werd om te vra of dinge nodig is. Baie van hulle is nie, en ‘n eenvoudige ‘nee’ sal meer produktief wees as die werk wat die doeltreffendste mens kan bewerk.

Maar as die voordele van nee-sê nie so voor die hand liggend is nie, waarom sê ons dan so maklik ja?

Die meeste van ons is waarskynlik te vinnig om ja te sê en te traag om nee te sê. Dit is die moeite werd om jouself af te vra waar jy op daardie spektrum val.

 

Lana de Jong

As jy probleme ondervind om nee te sê, kan jy die volgende strategie gebruik. Vra jouself: “As ek dit vandag sou doen, sou ek daartoe instem?” Dit is nie slegte reël nie, want enige toekomstige verbintenis, hoe ver dit ook al is, sal uiteindelik ‘n dreigende probleem word. As ‘n geleentheid opwindend genoeg is om alles wat jy tans doen te los, dan is dit ‘n “ja”. As dit nie so is nie, moet jy miskien twee keer dink.

 

Dit is onmoontlik om te onthou om jouself hierdie vrae te stel elke keer as jy ‘n besluit neem, maar dit is tog ‘n nuttige oefening om van tyd tot tyd weer te gaan kyk. Om “nee” te sê kan moeilik wees, maar dit is dikwels makliker as die alternatief.

Meer moeite word vermors deur dinge wat nie saak maak nie, as vermors deur dinge ondoeltreffend te doen. En as dit die geval is, is eliminasie ‘n nuttiger vaardigheid as optimalisering.

Ek word herinner aan die beroemde Peter Drucker-aanhaling: ‘Daar is niks so nutteloos as om iets doeltreffend te doen wat glad nie gedoen moet word nie.’

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *