Toptendense van 2020

2020 se Toptendense sluit in stylwenke, nuwe tegnologie en die beroepe van die toekoms. Chanté du Preez, Cara Kotze, Kayla Swanepoel en Nina Germishuysen skryf oor watse tendense ons die jaar kan verwag.

 

Liewers dood as uit die mode

Dis ‘n nuwe dekade met ‘n nuwe generasie, maar die 80’s maak ‘n terugkeer in 2020. Gaan grawe in die donkerste hoekie van jou ouers se klerekas of maak ‘n draai by die winkels. Hier is ‘n paar items wat jy in jou kas moet hê as jy liewers dood as uit die mode wil wees:

Meisies:

Maak ‘n stelling en kikker jou uitgewaste jeans op met ‘n pofmou. Verruil jou hoë hakke vir ‘n paar klassieke wit tekkies saam jou somersrokkie, want nes in toeka se dae, kan jy tekkies saam met alles dra. Bonkige oorringe sal die finale stempel van goedkeuring gee, maar hou die res dan eenvoudig, vermy enige verdere juweliersware. ‘n Gordelsak is ‘n moet in jou kas, wees kreatief en dra dit oor jou skouer of om jou middel.

Wit tekkies (Verskaffer: Converse)                                         Gordelsak (Verskaffer: Cottonon)


                                                                                     

 

Seuns:

Laat die koppe draai met ‘n klassieke Kubaanse-kraaghemp en chinos. Rond jou voorkoms af met ‘n paar gemaklike seilskoene om ‘n sportiewe voorkoms te gee. Laaste maar beslis nie die minste nie, gee kleur aan jou uitrusting en dra sokkies met ‘n patrone of bedrukking.

 

Kubaanse kraaghemp (verskaffer: Superbalist)

 

 

Kleurvolle kouse (Verskaffer: Shesha)

 

Hoe om te eet in 2020

“Nuwe jaar, nuwe ek,” word dikwels gehoor by dié wie aspireer om ‘n gesonder leefstyl te handhaaf, en vir baie mense behels dit gesonder eetgewoontes. Oor die jare het die “ideale dieet” al in meer as een eetgewoonte te vore gekom, maar met die afskop van ‘n nuwe dekade is mense meer omgewingsbewus as ooit tevore. Diëte moet nie net die gesondheid van die mens in ag neem nie, maar van die omgewing ook.

Vir ‘n omgewingsvriendelike dieet moet diereprodukte met groente, vrugte, peulgewasse en graan vervang word. Aangesien diereprodukte ‘n hoë omgewingsimpak het, verminder die uitsluit van dié produkte die negatiewe impak op die omgewing. Vegetariese- en vegandiëte bly die beste vir ‘n gesonde leefstyl en omgewing.

Dan Barber, ‘n bekende sjef en voorstander van etiese eetgewoontes, sê dat om kos te kies wat ooreenstem met wat in jou omgewing gekweek word, die omgewing sal bevoordeel. “As ons meer bewus word van waar ons kos vandaan kom en waar dit gekweek word, kan ons ‘n dieet skep wat ‘n plaaslike streeklandskap naboots en dit toelaat om te groei.” Barber sê dat mens jou omgewing moet leer ke, en deur na die eetgewoontes en kossoorte wat deur geslagte oorgedra is te kyk, kan jy sien wat organies en natuurlik in jou omgewing groei. As jy daardie kosse produseer en eet, sal dit jou omgewing bevoordeel.

 

Bobaas-beroepe van die toekoms

Dit is ou nuus – die robotte kom. En hulle gaan ons werk vat. Tradisionele beroepe is in gevaar om geoutomatiseer te word. Masjiene kan baie dinge doen, veral take wat repeterend en vervelig is. Maar hulle kan nie motiveer, inspireer of kreatief dink nie. Die goeie nuus is dat nuwe werksgeleenthede voorspel word vir die toekoms, juis as gevolg van hierdie tegnologiese revolusie.

Wat vervoer aanbetref, word voorspel dat karre in die toekoms hulself gaan navigeer en dat mense vlieënde motors gaan bestuur. Hierdie motors gaan deur ingenieurs ontwerp moet word en deur opgeleide tegnikuste gediens en herstel moet word. Instrukteurs gaan ook benodig word om mense te leer om motors te vlieg.

Ingenieurs, motorwerktuigkundiges, vlieginstrukteurs en loodse vir vlieënde motors is moontlike beroepe vir die toekoms. Foto: euronews.com.

Organe en liggaamsdele op bestelling

In die mediese industrie is daar opwindende verwikkelinge wat nuwe geleenthede gaan skep in die toekoms. Studies in genetika, of te wel elke individu se persoonlike samestelling, ontwikkel so vinnig dat daar ruimte geskep word vir persoonlike mediese interpreteerders. In die mediese industrie is daar opwindende verwikkelinge wat nuwe geleenthede gaan skep in die toekoms. Studies in genetika, of te wel elke individu se persoonlike samestelling, ontwikkel so vinnig dat daar ruimte geskep word vir persoonlike mediese interpreteerders

In die toekoms sal organe vir pasiente deur stamselle gegroei kan word. Foto: euronews.com.

 

Tegnologie en die toekoms

Die tegnologiese vooruitgang wat die laaste 25 jaar gemaak is, is verstommend en dit wat wag vir die komende dekade gaan verander hoe ons alles doen.

Daar word beweer dat mense se lewensverwagting met minstens 10 jaar verleng kan word deur tegnologie in die gesondheidsindustrie. Volgens Time Magazine word kunsmatige intelligensie (AI) reeds getoets om spesifiek longkanker te diagnoseer en verdere werk word gedoen om alle kankers en moontlik ook ander mediese toestande vroeër te diagnoseer en sodoende kan behandeling vinniger aan pasiënte gegee word.

Tegnologie raak selfs die voedselindustrie. Die studies wat in Europa gedoen is om tegnologie in ń slaghuis te gebruik, het reeds gelei na minder beserings. NASA toets tans om voedsel 3D te druk. Hulle het reeds pizza gedruk en ook sagter voedsel vir mense wat sukkel om harde kos te kou. Hulle beweer dat die tegnologie moontlik hongerskap in die wêreld kan verminder of geheel en al elimineer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *