Scorpio of Sagittarius – sê jy maar self

Megan Saaiman

Teen dié tyd is die wêreld al gewoond aan verandering, maar wie sou ooit gedink het dat iets so standvastig soos die sterretekens ook verandering kan ondergaan? Op verskeie webtuistes is daar onlangs berig dat sterretekens verander het, maar of dit die waarheid is of nie, kan net jy besluit…

Daar is twaalf bekende diereriem (Zodiac) sterretekens: Ram (Aries), Leeu (Leo), Kreef (Cancer), Vis (Pisces), Skerpioen (Scorpio), Bul (Taurus), Boogskutter (Sagittarius), Tweeling (Gemini), Maagd (Virgo), Weegskaal (Libra), Steenbok (Capricorn) en Waterdraer (Aquarius). Elke sterreteken het sy eie unieke eienskappe en elk is in sy eie tydperk (dag en maand) ingedeel. Jou geboortedatum bepaal watter sterreteken jy is en dit beïnvloed miskien jou persoonlike eienskappe. Elke mens besluit sekerlik self watter van hierdie diereriem-eienskappe werklik op hulle van toepassing is, maar dit bly interessant om jou eie eienskappe volgens die sterretekens te identifiseer.

NASA het op 14 Julie 2020 afgekondig dat die sterre geskuif het en dus het die sterretekens verander. Hulle het ook bevestig dat die hemelruim vandag baie anders is as wat dit 3000 jaar terug was.  Die rede hiervoor is dat die aarde se assestelsel nie meer in dieselfde rigting wys nie. As gevolg van hierdie

Dertien diereriem sterretekens                  Foto: Google Images

veranderinge het NASA ‘n dertiende sterreteken, Slangdraer (Ophiuchus), voorgestel.

Mnr. Ian Bredenkamp sê: “Natuurlik sal die sterretekens verander, want tyd en plek verander en dis net hoe dit moet wees.”

Dené Potgieter (gr.10) gee ook haar mening oor die verandering: “Die wêreld om ons verander konstant, want verandering is die enigste konstante.”

Volgens Crystal Duan and Nina Kahn, skrywers oor Astrologie, kan die verstaan en gebruik van sterretekens ons alledaagse lewe verbeter. Volgens hulle sal ons leer hoe om meer verdraagsaam teenoor ander te wees as ons onsself beter leer ken en groei as mens.

Daar is baie spekulasie rondom sterretekens en die waarde wat dit het, ma

ar net soos alles anders moet elke persoon self besluit wat dit vir hulle beteken. Of jy besluit ‘n sterreteken se plek is in ‘n droom, of in jou lewe, hang van jouself af.  As jy ‘n ware Leo in jou hart is, maar jou sterreteken is nou ‘n Virgo, besluit maar vir jouself wat jy wil wees!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *