Sang is deel van haar DNA

Robin du Plessis op die verhoog. Foto verskaf.

Anika de Beer

Robin du Plessis (gr.12) het ‘n musiektalent wat sy weekliks met Helpies in die saal deel. Du Plessis het in 2018 aan GesertifiSEER die Musical deelgeneem en sy is ook ‘n lid van Helpmekaar Kollege se orkes.

 

V: Hoe het jy jou talent vir sang ontdek?

A: Sjoe, dit is ‘n moelike vraag! Ek is nog altyd iemand wat dit geniet het om voor mense op te tree. Ek en my sussie, Ansie, het gereeld konserte vir ons familie opgevoer. As ek terug dink aan my kleintyd, onthou ek heel eerste ons sangkonsert. Sang is deel van my DNA.

 

V: Wat is jou gunsteling musiekgenre om te sing?

A: Ek hou van verskeie genres, maar as ek een moes kies, sou dit seker musiekteater wees.

 

V: Speel jy enige musiekinstrumente?

A: Ja! Ek speel klavier, kitaar en dromme, maar sang is steeds my gunsteling ‘instrument’.

 

V: Het jy enige raad vir mense wat verhoogvrees het?

A: Moenie te veel oor jou optrede dink nie! As jy gaan stres en aanhou dink aan hoe die optrede gaan afloop, is die kanse baie groot dat jy dalk ‘n fout gaan maak. Wanneer jy aanhou dink: “moenie jou woorde vergeet nie, moenie jou woorde vergeet nie,” dan gaan jy jou woorde vergeet! Bly kalm en geniet dit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *