Op jou bedkassie

Chanté du Preez

 

Die aap is uit die mou, ons Helpie Taal-onnies is beslis boekwurms. Helpie-flitse het by mnr. Louis Botha, me. Jo-Ann Mottian en mnr. Ruan Coetzer gaan inloer om uit te vind watter boeke reeds so vroeg in die jaar op hul bedkassie vir hulle lê en loer.

Mnr. Louis Botha (Afrikaans-onderwyser)

V: Watter boek is tans op Meneer se bedkassie?

A: Ek lees tans twee boeke, Deon Maas se Witboy in Berlyn en The Secret Teacher deur ‘n onbekende Britse onderwyser.

V: Waarom juis hierdie boeke?

A: Beide boeke se storielyn is op my lewe van toepassing en ek vind daarby aanklank. Maas pak die bul by die horings in Witboy in Berlyn en The Secret Teacher is baie komies. Ek as onderwyser kan myself daarmee assosieer.

V: Watter tipe boeke is Witboy in Berlyn en The Secret Teacher?

A: Albei boeke is fiksie en biografies, maar The Secret Teacher is ook komies.

V: Het iemand die boeke vir Meneer aanbeveel?

A:  Ek het Witboy in Berlyn as ‘n Kersgeskenk gekry en The Secret Teacher het ek gekoop as gevolg van ‘n webjoernaal wat die skrywer gereeld geplaas het.

V: Is die boeke ‘n e-boek of ‘n regte boek?

A: Ek hou van die gevoel van ‘n boek met bladsye en daarom is albei “regte” boeke.

V: Kan Meneer die boeke in een sin opsom?

A: Witboy in Berlyn is ‘n raak beskrywing van ontworteling en ‘n nuwe huis skep.

The Secret Teacher is elke onderwyser se storie.

V: Sal Meneer die boeke saamneem as Meneer na ‘n verlate eiland gestuur word en waarom?

A: Ja, ek sal albei saamneem. Die boeke is ligte vermaak en beide boeke laat my lag.

V: ‘n Punt uit 10 vir die boeke.

A: 8/10 vir Witboy in Berlyn en 9/10 vir The Secret Teacher

Miss Jo-Ann Mottian (English Teacher)

V: What book is on your bedside table?

A: I am reading Elizabeth McNeal’s award winning The Doll Factory.

V: Why did you choose this book?

A: The book had an appealing cover and when I read the blurb it reminded me of my first year at university.

V: What type of book is The Doll Factory?  

A: It’s a thriller.

V: Did someone recommend the book?

A: No, I spotted it at the bookstore.

V: Is this book an e-book or a real book?

A: I am old school, it’s a real book. I love the smell of a book and love flipping the pages.

V: Can you sum the book up in one sentence?

A: The book is all about the need to be free and express yourself without fear and judgement from others.

V: Will you take the book with you to a deserted island and why?

A: Yes definitely, it is a creepy novel that keeps your mind busy and you on the edge of your seat.

V: A mark out of 10 for the book.

A: 9/10.

Mnr. Ruan Coetzer (Professeur de français asook Afrikaans-onderwyser) 

V: Watter boek is tans op Meneer se bedkassie?

A: Ek lees tans Azille Coetzee se In my vel.

V: Waarom juis hierdie boek?

A: Ek het die boekbekenstelling bygewoon en die skryfster het my so beïndruk oor haar soeke oor Suid-Afrikanerskap dat ek besluit het, dié boek moet ek lees.

V: Watter tipe boek is In my vel?

A: Die boek is ‘n reisjoernaal gekombineerd met ‘n liefdesverhaal.

V: Het iemand die boek vir Meneer aanbeveel?

A: ‘n Vriendin het my daarvan vertel en ons is toe saam na die boek bekendstelling.

V: Is die boek ‘n e-boek of ‘n regte boek?

A: Regte boek.

V: Kan Meneer die boek in een sin opsom?

A: Dit handel oor aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap en wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.

V: Sal Meneer die boek saamneem as Meneer na ‘n verlate eiland gestuur word en waarom?

A: Nee, beslis nie, die boek laat my skuldig voel oor myself as mens.

V: ‘n Punt uit 10 vir die boek.

A: 7.8/10.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *