‘n Inspirasie en ‘n mooi voorbeeld

Lana de Jong

Me. Carien Wessels is al vyf jaar deel van die Helpie-familie en het by Helpmekaar begin skoolgee toe ons huidige matrieks in graad agt was.  Sy gee Lewenswetenskap, maar het al vantevore Drama en Fisiese Wetenskap aangebied. Me. Wessels wou graag deel word van die Helpies se uitnemendheid en daarom het sy Helpmekaar Kollege gekies.

 

Soos die meeste Helpies weet, is me. Wessels altyd betrokke by gemeenskapsdiens- en uitreike. Op my vraag waarom dit haar so na aan die hart lê, het sy geantwoord: “Ek het deur ‘n vriendin betrokke geraak by ‘n projek ‘n hele paar jaar terug en het gesien hoe wonderlik dit kan wees as ‘n mens ‘n verskil kan maak, en hoe NODIG dit is om ander te help. Ek en jy is bevoorreg om gebore te wees in ‘n huis met ouers wat ons lief het, kos om te eet en wonderlike geleenthede. Ons het niks gedoen om beter te verdien as iemand anders nie. En daarom voel dit vir my dis ons plig as mens om die wêreld ‘n beter plek vir ander te maak.” Me. Wessels se filosofie oor die lewe is dat sy altyd probeer dink aan die groter prentjie van wat regtig saak maak in hierdie lewe en die ewigheid. Dis waaraan sy verkies om haar energie te bestee.

 

Helpmekaar se tradisies is vir me. Wessels baie spesiaal. Sy sê dat sterk waardes soos respek en spanwerk van Helpmekaar ‘n sterk skool maak.

 

Me. Wessels se geloof is vir haar baie belangrik. Sy leef haar geloof daagliks uit deur dit “werklik” te probeer hou. “God weet presies wat in ons harte en gedagtes aangaan. Om te probeer om ander goed te bid en voor te gee, laat mens nie nader aan Hom groei nie. Hy ken in elk geval al my sleg en goor ook.” Haar gunsteling Bybel-boek is Jesaja.

 

Haar “quote” vir die lewe is “life is tough, my darling, but so are you.” Sy glo omonwonde in die woorde in Fillipense 4:13: “I can do all things through Christ that strengthens me.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *