KLAUS SE KUSSINGBOEK

 

 

Sel Shōnagon was ‘n hofdame van die Japannese keiserin sowat ‘n duisend jaar gelede. Haar reaksies op mense en die natuur het sy in ‘n joernaal neergepen. Hierdie joernaal is ‘n ‘kussingboek’ genoem, want dis in ‘n laai gebêre binne ‘n houtblok wat Japanesse destyds gebruik het as ‘n kussing. Daar word vertel dat daar oral in Die Kussingboek kort lyste voorkom.

 

Geïnspireer deur Shōnagon se Kussingboek het die Flitse mnr. Klaus König gepols vir sy lys van dinge waarvan hy hou en dinge waarvan hy nie hou nie:

 

Ek hou van:

  • Die Helpie-Way!
  • Die onvoorspelbaarheid en vreesloosheid van ons Helpies.
  • Mense wat my laat lag en my dag “ligter” maak.
  • My motorfiets! Dis ‘n hiper-sensoriese manier om die Wonder van God te ervaar!
  • “Me-time”. Om soms net tyd vir “Klaus” toe te laat. Om te dink, nie te dink nie, lees, fliek, ens.
  • Om my horisonne oneindig te maak. Nuwe en ou plekke, diverse kulture, ver-weg-bestemmings, om jou poot-uit te stap, pret te hê… REIS!

 

Ek hou nie van:

  •  Muskiete
  • Al die “airs” van mense en hul goeters (te veel “selfies”, “name-dropping”, ens.).
  • Mense met verskuilde agendas.
  • Onrealistiese en onmoontlike verwagtinge wat verwar word met “volg jou drome”. Die optel van stukke daarna is uitmergelend vir almal.
  • Motoriste wat onbedagsaam is, veral ten opsigte van motorfietsryers. Motoriste wat besig is op hul selfone, grimering aansit of ontbyt eet terwyl hul probeer bestuur.
  •  Muskiete

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *