Helpies skaakmat Covid-19-inperking

Chanté du Preez

Op Woensdag, 13 Mei 2020, het 13 Helpies geskiedenis gemaak en aanlyn aan ‘n vriendskaplike skaakwedstryd teen die Universiteit van die Noordwes se Potchefstroomkampus deelgeneem. Die toernooi het plaasgevind op die webwerf https://lichess.org en elke speler het sy eie gebruikersnaam. Tydens die eerste toernooi het die skaakbreine hulle slimste skuiwe gemaak en met 154 punte die studente behoorlik op hulle neuse laat kyk. Hulle het beslis gewys jy moet altyd drie stappe voor jou opponent moet wees.

Anje van Jaarsveld (gr.10), lid van skaakspan Foto verskaf

Anje van Jaarsveld (gr.10), ‘n lid van die skaakspan, het 29 punte vir die span bymekaar gemaak. Sy sê hulle wenresep is als te danke aan me. Marlene Roets, skaakkoördineerder, se ongelooflike organisasie. Volgens Anje is ‘n aanlyntoernooi ‘n lekker ervaring, maar ook vreemd om teen iemand te speel wat jy nog nooit gesien het nie. Intimidasie speel ‘n belangrike rol in skaak. Sonder die nodige oogkontak moet jy dan ‘n ander tegniek gebruik om jou opponent uit te oorlê. Anje vertel verder dat als nie altyd klop disselboom verloop nie. Soos in enige sport het aanlyn-skaak ook uitdagings. Internetkonneksie is ‘n groot probleem. Jy kan as jy konneksie verloor, die spel verloor sonder dat jy in werklikheid verloor.

Roets sê dat sy  baie opgewonde is oor die moontlikhede wat aanlynwedstryde vir Helpmekaar bied. Sy sê die inperking het haar as afrigter gedwing om nuwe platforms te ondersoek. Volgens Roets is skaak tans groot by Helmekaar en die skool maak seker die skaakspan het alles wat hulle nodig het om kompeterend deel te neem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *