Helpies klits Covid-19

Kaitlin Scott

Foto: Google Images

Covid-19 het ons almal onkant gevang en baie dinge het sedert verander.  Maskers is die nuwe normaal en drukkies heeltemal buite die kwessie.  So wat doen ‘n mens wanneer dié moeilike tye alles wat ons gewoond is aan verander?  Wel, om mee te begin kan ons die regte reëls volg om onsself en die mense om ons te beskerm.

  • Een van die belangrikste dinge om te doen is om ingelig te bly. Kennis is mag!  Maar dis ook belangrik om nie te stres nie.  Onthou om na jouself te kyk.
  • Beoefen goeie higiëne en was gereeld jou hande. Skoon hande red lewens.  Dit mag dalk heeltemal oordrewe klink, maar dis beslis waar.
  • Dra ten alle tye jou masker. Onthou, jy mag dalk nie bang wees om self die virus te kry nie, maar doen dit om die mense om jou te beskerm.  Respekteer mekaar ten alle tye.
  • Drukkies en fisiese kontak is heeltemal verbode behalwe natuurlik die bekende elmbooggroet. Die Helpie-ketting is tog baie meer as net fisiese kontak.  Dis ‘n spesiale konneksie tussen alle Helpies, oud en jonk!
  • Moenie ‘n grypkoper wees en miljoene onnodige dinge opgaar nie. Jy het nie 75 botteltjies handsaniteermiddel nodig om veilig te bly nie.
  • Wanneer jy hoes of nies bedek altyd jou mond en neus. Was jou hande altyd na die tyd.
  • Hou jouself dop vir simptome. Indien jy enige simptome wys, bly by die huis!
  • Onthou om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. Dit sal jou immuniteit ophou en versterk.
  • Meet gereeld jou temperatuur sodat jy 100% seker is jy is Covid-vry. Daardie koorspistool kan mos nie skade aanrig nie.
  • Bly in kontak met jou familie en vriende en maak seker hulle is gesond en gelukkig. Wees daar vir hulle indien hulle jou nodig het en wees altyd ondersteunend.  Niemand wil alleen voel nie en dis belangrik om interaksie met mense te hê.  Fisiese gesondheid gaan hand aan hand met emosionele gesondheid.
  • Moenie aannames maak of ander mense oordeel nie. Ons lewe op die oomblik in moeilke tye en ons weet nie waardeur ander mense gaan nie.  Hou ander se gevoelens in gedagte.
  • As jy hartseer, sleg, alleen of selfs depressief voel, reik uit na iemand wie jou kan help soos ‘n vriend, jou ouers of selfs ‘n onderwyser by die skool. Jy maak ook saak!  Ontmoet ‘n vriend by julle isolasiestasie soos “Skype”, “Zoom”, “Teams” of sommer ‘n “Whatsapp video-oproep”.  En kry die koronastres uit jou sisteem uit.
  • Laastens onthou om positief te bly! Hierdie tydperk van onsekerheid het ons tog baie nuwe dinge geleer.  Elke donker wolk het ‘n silwer randjie.

Komaan Helpies!  Moenie ‘n covidkroek wees nie.  Kom ons wys Covid-19 wie is baas!

Bronne:

https://afrikaans.com/2020/04/24/praat-saam-oior-covid-19/

https://emilypost.com/advice/the-etiquette-of-social-distancing-during-the-covid-19-pandemic

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *