Helpie-meisies skep asem by WOW

Cameron Sharp

Elke Dinsdag tydens tweede pouse kry die meisies van Helpmekaar Kollege die geleentheid om hulle gedagtes en emosies met mekaar te deel oor wie God is en wat God alles vir ons opgeoffer het. Dit is ook ‘n veilige vesting in die besige gange van Helpmekaar waar die meisies kan asemskep en vrae vra. Die program is onder die leiding van me. Carien Wessels en bestuurslede in verskeie grade. Volgens die bestuur is een van die grootste doelwitte vir Women of Worth (WOW) om vrugte te dra. Dit beteken dat die bestuur dissipels wil maak en liefde stig in die harte van Helpmekaar se meisies. Die Women of Worth-program word gesien as ‘n geleentheid waar die Helpie-meisies werklik volgelinge van Jesus kan word. Die meisies wat deelneem aan die program verduidelik Woman of Worth as volg:

Johané Fritz (gr.10) sê: “Women of Worth is ‘n plek waar jy in die besige lewe van Helpmekaar net vir so rukkie kan stil word, ontlaai en leer van die Here.” Sy deel haar eie herinneringe en lesse: “By Women of Worth het ek baie van myself geleer en natuurlik van die Here ook. Ek het besef wat ‘n glimlag vir iemand op die stoepe kan beteken of om nie te leef uit selfsug nie, maar vir die Here. Dit is moeilik om een oomblik te moet uitsonder, maar iets wat vir my uitstaan is hoe die Here mense gebruik om daar te wees vir ander en hoe hy mense sterker maak in hulle swakheid.”

One thought on “Helpie-meisies skep asem by WOW

  • June 1, 2020 at 9:40 am
    Permalink

    Of course, what a fantastic website and instructive posts, I will bookmark your site.All the Best!

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *