Grendeltyd in Myanmar

Aldoné Kok gesels met mnr. König                                                                 

“Ordinary does not change the world” isnie net ´n gunstelingmotto van mnr. König nie, maar beslis woorde waar volgens hy leef. Gestrand in ´n vreemde land in ongekende tye en ´n onsekere toekoms sou mens hom nie kon kwalik neem as werk so bietjie op sy geskyf is nie, maar duidelik nie…

 

 

  1. Hoelank is Meneer nou al in Myanmar en het Meneer al grendelgriep?

 

Ons, ek, my suster en ‘n vriendin het op 13 Maart in Yangon, Myanmar geland.  Die plan was: 2 weke in Myanmar met al sy besienswaardighede en vreemde kultuur en dan op 26 Maart na Japan tot 9 April.

Na die aankondigings van president Cyril Ramaphosa het ons die reisplanne drasties verander. Ons het nuwe kaartjies gekoop om op 24 Maart uit Yangon te vlieg via Bangkok en Addis Ababa na Johannesburg.  By die “check in”-toonbank is alle passasiers geweier indien ‘n Covid-toetsuitslag nie beskikbaar is nie Nodeloos om te sê, honderde passasiers was gestrand en landsgrense het toegemaak. Ons kon ten spyte van vele uitdagings (onder andere was ons toegesluit vir 14 dae) ‘n veilige blyplek sekuur.

T.o.v grendelgriep….is ek onseker oor die konteks van die woord.

 

  1. Hoeveel ander toeriste is saam met Meneer gestrand?

In Myanmar is daar 7 Suid-Afrikaanse toeriste gestrand

 

  1. Het Meneer al enige nuus van die Suid-Afrikaanse minister, Naledi Pandor, ontvang oor wanneer Meneer kan terugkeer?

Ek volg elke nuusberig en opinie of uitsprake van alle belanghebbenes en nie-belanghebbenis….   Ek het my voorbehoude t.o.v die hulpverlening van amptenary.

Die terugkeer-opsies is uiters gekompliseerd.  Tans is daar slegs die moontlikheid van repatriasie-vlugte. Om vir net 7 mense in Yangon te land, vereis ‘n wonderwerk.

 

  1. Wat behels Myanmar se inperking en hoe streng word dit toegepas?

Myanmar beïndruk my met die wyse wat hulle inperk. Mense moet maskers dra en sosiale distansiëring geld.  Ek vind dat hierdie nasie uiters gedissiplineerd is en wetgewing volg

 

5.Wat is die grootste lewensles wat Meneer gedurende hierdie tyd geleer het?

“ If you want to make God laugh… tell him about your plans”.  Die mens wik… maar God beskik.

 

  1. Hoe was Meneer se ervaring om in ´n ander land gestrand te wees?

Scary! Scary!  Als is vreemd. Die Burmese reageer totaal anders as Westerse mense. Ek lees moeilik hul lyftaal en vind dit moeilik om analities planne te maak. Als sien ek egter ook as ‘n groot en unieke avontuur.

 

 

  1. Sal daar enige iets by die skool of vir Meneer persoonlik verander na Covid-19?

Ek glo dat mense se denkpatrone sal vir altyd anders wees. Niks sal as vanselfsprekend aanvaar kan word nie. T.o.v Helpmekaar het ek weereens besef hoe kragtig is die Helpie-way!

Ons is mens, elkeen is uniek, Helpies is braaf, ons dans in die reën en ons veroordeel selde. Ons oë is gerig op God en ons koester elkeen. Dit is genoeg!

 

  1. Wat was Meneer se grootste bekommernis gedurende Covid-19?

My grootste kommer is dat mense gaan dink dat Covid na die inperking sal verdwyn.  Dit gaan nie. Ons moet ‘n immuniteit opbou en ek hoop dat daar vinnig ‘n inenting op die mark sal kom.  Ons gaan met hierdie Covid-paniek moet saamleef en nogtans voluit leef.

 

  1. Wat doen Meneer gedurende grendeltyd aangesien Meneer nie voorsiening gemaak het om in Myanmar gestand te wees nie?

Ek doen eintlik so baie.

Ek werk voluit.  Daaglikse skoolbeplanning en vergaderings. Dan ook nog elke dag aanlynonderhoude met graad 7-leerders. Ek het die afgelope 3 weke al 60 onderhoude gehad.  Dit was fantasties!

Verder het ek weer voluit begin oefen. Ek stap ook daagliks die 19 verdiepings uit na ons blyplek. Ons skrop ons spartaanse blyplek elke dag, maak kos en dink oor die voorreg om te kan lewe. Ek dink ook baie baie aan al die Helpies. (Ek gaan in op Adam en lees weer op oor elke kind en kyk na hul rapporte.)

 

  1. Wat gee Meneer hoop in hierdie tyd?

Mense!  My onderwysers se entoesisme, ons ouers se omgee en die Helpies se lewenslus!

 

  1. Wat is Meneer se boodskap van hoop aan al die Helpies en meer spesifiek, die matrieks van 2020?

Kry jouself eendag in so ‘n posisie dat jy altyd opsies het! Dus: werk en leer hard. Droom groot en gaan maak jou wêreld ‘n fantastiese plek.

 

  1. Wat mis Meneer die meeste van Suid-Afrika gedurende die tyd?

Tjops, my motorfiets, om by my huis te wees!

 

  1. Wat sien Meneer die meeste na uit om te doen ná grendeltyd en as Meneer terug is in Suid-Afrika?

Om deur Helpmekaar se skoolhek te ry en te weet: Dis ons Plek!

 

  1. Watter van Meneer se planne in Myanmar is in die wiele gery as gevolg van Covid-19?

Ons het redelik by alles uitgekom wat ons beplan het. Ek het net niks gekoop nie.

 

 

 

  1. Sou Meneer geweet het wat op Meneer wag, wat is die een ding wat Meneer ekstra sou inpak?

Drie goed:

My eie memo-foamkussing

My rugkrapper

My voetskuurder.

Jy kan dus sien persoonlike higiëne en slaap-gemak is só nodig.

L.W. Ek kon al drie goed baie goedkoop hier aankoop.

 

 

 

2 thoughts on “Grendeltyd in Myanmar

  • June 16, 2020 at 7:55 am
    Permalink

    Puik onderhoud en verslaggewing, Aldonè 👏 Trots op jou🏅Mnr König is ‘n dinamiese skoolhoof met ‘n passie vir die lewe, HELPIES is geseënd om hom aan die stuur te hê.

    Reply
  • June 16, 2020 at 9:27 am
    Permalink

    Heerlik gelees. Baie interessant.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *