Graad 8’s luister mooi… ons praat uit ondervinding!

Aldoné Kok en Abigael Barnard

 

Elke graad 8 sal seker die angswekkende Desembervakansie net voor die ontgroeningsweek onthou. Al die graad 8’s wat skarrel en sukkel om kop bo water te hou, opsoek na swembrille en die regte gees vir die groot 100.

Die eerste termyn is ‘n warrelwind van mondelinge, laat aande met wiskundesomme en ADAM wat slegte nuus soos ´n posman vir jou ouers aandra. Boonop moet jy nog gewoond raak aan die nuwe kurrikulum én ´n nuwe skool! Die uitdagende akademie is nie al wat jou kan uitbrand nie, die son by die Interhoër kan ook. Soos die spreekwoord sê, “Helpies word nie moeg nie.” Die Helpie-gees druk ons van vroeg tot laat dat ons “Asandria” uit volle bors kan skree.

Die graad 9’s weet dat graad 8 nie die maklikste jaar is nie, maar beslis die lekkerste! Dit is ’n jaar vol nuwe uitdagings, lewenslange herinneringe en belangrike lewenslesse.

 

Die volgende graad 9-leerders deel hulle ervaring van graad 8:

 

 

Vian Singleton: “3 153 600 sekondes van Helpie-magic. Daar was soveel ongelooflike oomblikke, maar die oomblik toe ek my skoolbaadjie vir die eerste keer aantrek by die inhuldiging, sal my altyd by bly.”

 

Mieke Burger: “Ek kan nie aan een spesifieke gunsteling herinnering dink nie, omdat daar soveel goeie herinneringe was. Maar ek moet sê die musikale geleenthede was vir my spesiaal. Helpmekaar gee soveel geleenthede vir al die musikante en kreatiewe siele. Helpmekaar voorsien vir almal.”

 

 

 

Lehan Kruger: “Ek sou niks van graad 8 verander nie, Helpmekaar maak elke graad lekker net soos wat dit is. Graad 8 was lekker, baie leer, maar baie pret.”

 

 

Ansie du Plessis: “Graad 8 was ‘n absolute FANTASTIESE jaar, dit was so magical. Ek het elke oomblik geniet. Dit was die beste jaar van my lewe. Ek is baie trots om ‘n Helpie te wees!”

 

 

 

Al voel dit soos ’n ewigheid, is graad 8 in ’n oogwink verby. Onthou Helpies word nie moeg nie en ons dans in die reën. Geniet elke oomblik en leef volheid, want julle het minder as 6575 ure oor van graad 8. Lag deur die trane, wees braaf, vorm sterk vriendskappe en wees die beste graad 8’ie wat jy kan wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *