Toptendense van 2020

2020 se Toptendense sluit in stylwenke, nuwe tegnologie en die beroepe van die toekoms. Chanté du Preez, Cara Kotze, Kayla Swanepoel en Nina Germishuysen skryf oor watse tendense ons die jaar kan verwag.

 

Liewers dood as uit die mode

Dis ‘n nuwe dekade met ‘n nuwe generasie, maar die 80’s maak ‘n terugkeer in 2020.

Read more

Op jou bedkassie

Chanté du Preez

 

Die aap is uit die mou, ons Helpie Taal-onnies is beslis boekwurms. Helpie-flitse het by mnr. Louis Botha, me. Jo-Ann Mottian en mnr. Ruan Coetzer gaan inloer om uit te vind watter boeke reeds so vroeg in die jaar op hul bedkassie vir hulle lê en loer.…

Read more

‘n Helpie bly ‘n Helpie

Johann C. Mouton was die trotse hoofseun van Helpmekaar Kollege in 1989. Johann is ‘n geoktrooieerde rekenmeester met ‘n passie vir die natuur, fotografie en in sy vrye tyd speel hy graag gholf.

Dertig jaar na sy matriekjaar is hy steeds deel van die Helpie-gemeenskap en is feitlik altyd op die pawiljoen wanneer die Helpies uitdraf op die rugbyveld.…

Read more

Filmster in ons midde

Anika de Beer

Jy gaan dalk twee keer kyk as jy die volgende keer in Helpmekaar Kollege se gange in Zonika de Vries vasloop. Ja, jy het haar op die grootskerm gesien. Zonika speel die hoofrol in die nuwe fliek Die Verhaal van Racheltjie de Beer wat tans draai.…

Read more

Besige termyn vir kultuurdiere

Anika de Beer

Die Eldoraigne-dansgroep het hulle harte uitgedans tydens die Helpmekaar-Eldoraigne-kultuuraand. Foto deur Mia Langenhoven.

By Helpmekaar staan tyd vir niks en niemand stil nie. Voor jy jou oë kon uitvee, is dit die einde van die eerste termyn. Hierdie termyn het daar vele kultuuraktiwiteite plaasgevind en die voorbereidings vir die produksie en tienertoneel het reeds in alle erns begin.…

Read more

Peter McLea – ’n maestro van formaat

By Helpmekaar is die naam Peter McLea sinoniem met musiek en kreatiwititeit. Ons is bevoorreg om te kan deel in die talent van dié welbekende musikale genie. Sy twee kinders, Shani en Vaughan, is ewe talentvol. McLea, wat ’n BMus-graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het, is een van Suid-Afrika se mees talentvolle musiekvervaardigers en -verwerkers en het al talle toekennings verwerf.…

Read more

VIR DIE WAT OORSEE WIL STUDEER

Die meeste leerders se kele trek effens toe wanneer hulle die woord “universiteit” hoor. Sommige kinders droom selfs daaroor om oorsee te studeer, maar dit kan nogal ‘n moeilike proses wees om aansoek te doen, veral as jy nie al die inligting het nie.…

Read more

‘n Slimkop wat aanhou gee

Me Lida Smith is nie net wetenskap-onnie van formaat nie, sy is ook die meesteronderwyser en die lig in Helpmekaar se wetenskap-departement.

 

Hierdie geliefde juffrou het op sestienjarige ouderdom aan Hoërskool Roodepoort matrikuleer. Daarna het sy by Tukkies wiskundige wetenskappe gaan studeer.…

Read more