Scorpio of Sagittarius – sê jy maar self

Megan Saaiman

Teen dié tyd is die wêreld al gewoond aan verandering, maar wie sou ooit gedink het dat iets so standvastig soos die sterretekens ook verandering kan ondergaan? Op verskeie webtuistes is daar onlangs berig dat sterretekens verander het, maar of dit die waarheid is of nie, kan net jy besluit…

Daar is twaalf bekende diereriem (Zodiac) sterretekens: Ram (Aries), Leeu (Leo), Kreef (Cancer), Vis (Pisces), Skerpioen (Scorpio), Bul (Taurus), Boogskutter (Sagittarius), Tweeling (Gemini), Maagd (Virgo), Weegskaal (Libra), Steenbok (Capricorn) en Waterdraer (Aquarius).…

Read more

Maskers, modelwerk én matriek

Aldoné Kok

 

Carami van der Vyver (gr.12) het nie in dié moeilike tyd vergeet om te leef nie. Hierdie beeldskone matrikulant het ten spyte van isolasie en die onsekere tye, steeds met haar sprankelende skoonheid vir die top-30 van Sarie se nuwegesigkompetisie gekwalifiseer.…

Read more

Drome vertel meer as net ’n storie

Megan Saaiman

Michael Grandner, direkteur van die Universiteit van Arizona se Slaap-en-Gesondheid-departement, skryf op die webtuiste www.insider.com dat die rede vir snaakse drome deur twee faktore beïnvloed word. “Die eerste faktor is dat ons brein verantwoordelik is om te leer, ons gevoelens te verwerk en die ophou van onthouvermoë te reguleer.…

Read more

Helpies pronk (aanlyn) met kultuurtalent

Chanté du Preez

Die Helpmekaar-kultuuraand het op ’n ietwat anderste manier lafenis vir die siel gebied tydens die Covid-19-grendeltyd. Met besonderse sang, instrumentale musiek, drama en die kunsstudente se kreatiewe grendeltyd-tydverdrywe is die gehoor aanlyn vermaak in die gemak van hulle huise.…

Read more

Wanneer vryheid deur jou vingers glip

Anja Steyn

Almal is bewus van die oorsake en gevolge van die koronavirus; dit word wyd en suid verkondig. “Bly tuis; red lewens” is die slagspreuk wat telkens deur elke politikus geproklameer word. Die koronavirus is ’n probleem, ja, maar die manier waarop die staat tans ons lewens beheer, is egter kommerwekkend.…

Read more

Ontgrendel jou geestesgesondheid

Anje van Jaarsveld

Die meeste van ons het groot planne en aspirasies gehad om tydens die grendeltyd gesond te eet, fiks te word en dalk selfs ’n nuwe vaardigheid te bemeester. Tog het baie van ons waarskynlik vergeet om na ons geestelike welstand om te sien.…

Read more