A19 Verf die wêreld geel

Ons word daagliks aan ’n groot hoeveelheid inligting blootgestel, eintlik gebombardeer.

Die ysberge smelt, nóg ’n man is moontlik van VIGS genees, vliegtuie val, karre word in die ruimte opgestuur en Marelize kan nie fiets ry nie.

Daar word altyd vir ons gesê:

“Hou by met die tye.”…

Read more

A19 Hoekom die skuif na Helpmekaar?

Om te besluit na watter Hoërskool te gaan is een moeilike besluit. Maar die besluit om van skole te verander, selfs moeiliker. Die Flitse het ‘n paar Helpies gepols oor hoekom hulle Helpmekaar Kollege gekies het?

Dit is moontlik dat leerders tydens hulle onderhoud vasgevang word in meneer Klaus se toorwoorde of dat die Helpie-gees mense laat tuis voel.…

Read more

A19 Om te vra of nie te vra? Matriekafskeid maak die manne mal

Alhoewel dié Matriekafskeid eers die 5de Oktober is, is hierdie belangrike affêre hoog op elke matrikulant se agenda. Die rokontwerp, haarstyl en grimering is dalk al waarop die meisies fokus, maar die seuns het ander struikelblokke in hulle pad. Hulle hooffokus is wie, hoe en wanneer om te vra…

Leonard Hamilton, ‘n matrikulant, het gelukkig die ys gebreek vir al die paniekbevange matriekseuns, toe hy reeds in die tweede week van die nuwe skooljaar vir Phoebe Barry matriekafskeid toe gevra het.…

Read more

A19 Busbestuurders werk harder as wat ons dink

Die meeste Helpies word elke oggend met ‘n gesukkel wakker om betyds te wees vir die bus. Daar word selde gedink aan die feit dat die bus nie elke oggend vanself by die busstop parkeer nie.

Elke oggend staan 55-jarige Elson Chiloane, ‘Maximus’ se busbestuurder, al om 4:00 op, sodat hy teen 4:40 in die bus kan klim en ry tot by die eerste busstop in Featherbrooke.…

Read more

A19 Profielonderhoud: Tiaan Botes

Tiaan Botes is ‘n rugbyspeler van formaat en vul tans die posisie van losskakel (10) in die Helpmekaar eerste-rugbyspan. Met oor die 15 000 Instagram-volgers, verskeie borgskappe, met onder andere Ultimate Sport Nutrition en ‘n plek in die SA-skolerugby-oefenspan van 2019.…

Read more

A19 Waaroor gons dit in die gange?

Waaroor giggel en gesels leerlinge deesdae op die Helpie-stoepe?

Is dit oor die nuwe flieks wat uitkom, die styl van die nuutste mode giere, onlangse liedjies of sommer net oor skandalige stories wat in die media verskyn?

Die Helpie-modeparade en al die glins en glans wat daarmee saam gaan “trend”.…

Read more

A19 Instagram kraai koning

Dit klink vergesog, maar daar is tans ongeveer 3.2 miljard aktiewe sosialemediaverbruikers ter wêreld. Instagram en Snapchat is die twee grootste sosialemediaplatforms wat deur tieners gebruik word. Internasionale navorsing deur Pew Research Centre in Amerika toon dat ongeveer 71% van tieners meer as een sosialemediaplatform gebruik en dat 52% van tieners Instagram en 41% Snapchat gebruik.…

Read more