Die lig op die Bult

Cameron Sharp

Helpmekaar Kollege is vir my ‘n gelooftuiste, een gevul met opwinding, liefde, hartseer en geloof. ’n Plek wat ons as matrikulante nooit sal vergeet nie en daarom wil ons graag die skool kan verlaat met ‘n gerustheid dat die skool hierdie groter doel nooit sal vergeet nie.

Helpmekaar Kollege, ‘n baken van hoop in onsekere tye. Foto: Cameron Sharp.

Ek herinner myself aan Januarie 2018 toe ek saam met vele ander Helpies op die bekende grys klippies staan, ek onthou nog hoe die warm son die lug rondom ons verkleur het en waar ons werklik die meeste lig ervaar het, waar Jesus ‘n boodskap in ons harte kom plant het.  Die boodskap was so helder soos die son se strale, ‘n boodskap van hoop. Die boodskap was en is steeds dat Helpmekaar die lig op die bult sal wees , dat uit Helpmekaar uit sal daar dissipels kom wie Jesus in hulle harte huisves , dissipels wat luidsprekend is en braaf is maar belangrikste van alles dissipels van Jesus wat Hom só lief het. Hierdie boodskap dra ek steeds in my hart na twee jaar en ek kan getuig van hoe ons skool omskep is deur God se heilige hand, ek het mense sien groei in Christus, ek het gesien hoe mense hulle lewens neer lê om dissipels te word van Jesus. Ek verwys nie net na Time-Out , Women of Worth en Manne in Geloof nie. Ek skryf oor al die gebede wat ons skool se gange vul, die liefde wat ons deel met ons medemense en spesifiek die Heilige Gees wat ons help en ons wys hoe om ‘n lewendige verhouding met Jesus te hê.

Helpies, die Here het daardie dag in ons harte die boodskap weerspieël en so ook deur die twee jaar dit vir ons bevestig dat Helpmekaar die lig op die bult is dat ons geroep is om sy naam te verkondig.

Omtrent twee weke voordat ek hierdie geskryf het, het ek en ‘n paar ander mense, wat saam my in hierdie visie deel, beide drome gehad oor hoe die skool net versterk in geloof en hoe die woord van Jesus Christus verkondig word. Ons is gewillig en opgewonde . Ons hoop dat julle die lig saam met ons sal wees, dat julle steeds die lig op die bult sal wees al is ons nie meer daar nie .

Wees geseënd met rus en vrede Helpmekaar Kollege.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *