Derde tale sluit deure oop

Jené Becker

 

Helpmekaar bied drie derde tale, Duits, Frans, en Spaans, as opsionele vak aan.  Die Flitse het by ons Derde taal-onderwysers gaan kersopsteek om uit te vind wat die waarde van derde tale vir die leerders is.

 

Frans is bekend as ‘n romantiese taal wat gewoonlik in die kunste gebruik word, maar daar is soveel meer aan Frans as net kuns en kultuur. Volgens me. Aritha Kruger is Frans ’n taal wat jou filosofiese denke uitbrei en jou leer om die wêreld om jou uit ‘n ander oogpunt te sien en hou daarom talle voordele vir die Franse leerder in. Frans word as amptelike taal in 29 lande erken en word wêreldwyd in talle beroepe gebruik. Argitekte, medici, politici, skrywers en modeontwerpers gebruik Frans in die werksplek. Daar is ‘n tekort aan mense wat kan Frans praat in talle van die beroepe en daar sal dus altyd werk wees met Frans op jou CV.

Duits het die snaakste woorde en terme in hulle woordeskat. “Kummerspeck” is die gewig wat jy optel wanneer jy bekommer is oor iets. Duits is ‘n interessante taal en is bekend vir sy interessante en soms baie lang woorde. “Duits gee jou die geleentheid om na kool in die buiteland te gaan studeer en te werk in lande soos Duitsland, Oostenryk en Switserland,” sê Duits-onderwyseres, me. Karin Prinsloo. Duits is relevant in verskeie beroepe, maar staan veral uit in die literatuur, geskiedenis en wetenskap. Duits is ook een van die tale wat die meeste in Europa gepraat word en kan dus geleenthede vir die Helpies bied.

Spaans is ‘n passievolle en emosionele taal. Spaans word wêreldwyd gepraat, maar veral in Europa, Noord-Amerika en Suid-Amerika. Me. Carmen Sanchez sê: “Spanish is important, because it is the official language in about 24 states.” Spaans kan baie deure vir mense oopmaak in velde soos reis, onderwys, vertalers tot gemeenskapswerkers en skrywers.

‘n Derde taal is dalk net wat jy nodig het om jou drome vlerke te gee en die vreemd uit ‘n vreemde land te haal. Of jy jouself in die Duits-, Spaans- of Franse klas bevind, ‘n addisionele taal gaan verseker vir jou ‘n deur oop sluit.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *