Helpies pronk (aanlyn) met kultuurtalent

Chanté du Preez

Die Helpmekaar-kultuuraand het op ’n ietwat anderste manier lafenis vir die siel gebied tydens die Covid-19-grendeltyd. Met besonderse sang, instrumentale musiek, drama en die kunsstudente se kreatiewe grendeltyd-tydverdrywe is die gehoor aanlyn vermaak in die gemak van hulle huise.…

Read more

‘Detensie’ gaan voort tydens inperking

Marnique Hibbert

Die Covid-19-virus en gepaardgaande inperking kan geensins ‘n demper plaas op die passie, visie óf deursettingsvermoë van die tienertoneelstuk Detensie se toegewyde span nie. Elke betrokke toneelleerling en onderwyser het tydens die nasionale inperkingsperiode steeds hard gewerk om seker te maak hulle is slaggereed vir die kompetisie.…

Read more

Flinkdinkers stoei dit uit

Nina Germishuysen

Die beperkings van die inperking kon Helpmekaar Kollege nie van stryk bring vir die jaarlikse Algemenekennisvasvra nie. Inteendeel is die geleentheid op Vrydag 22 Mei in besondere styl op Facebook uitgesaai. Me. Linda van Niekerk en haar span het getoor met décor en die skoolsaal omskep in ‘n wafferse TV-ateljee.…

Read more

Sang is deel van haar DNA

Anika de Beer

Robin du Plessis (gr.12) het ‘n musiektalent wat sy weekliks met Helpies in die saal deel. Du Plessis het in 2018 aan GesertifiSEER die Musical deelgeneem en sy is ook ‘n lid van Helpmekaar Kollege se orkes.

 

V: Hoe het jy jou talent vir sang ontdek?

Read more

Filmster in ons midde

Anika de Beer

Jy gaan dalk twee keer kyk as jy die volgende keer in Helpmekaar Kollege se gange in Zonika de Vries vasloop. Ja, jy het haar op die grootskerm gesien. Zonika speel die hoofrol in die nuwe fliek Die Verhaal van Racheltjie de Beer wat tans draai.…

Read more

Besige termyn vir kultuurdiere

Anika de Beer

Die Eldoraigne-dansgroep het hulle harte uitgedans tydens die Helpmekaar-Eldoraigne-kultuuraand. Foto deur Mia Langenhoven.

By Helpmekaar staan tyd vir niks en niemand stil nie. Voor jy jou oë kon uitvee, is dit die einde van die eerste termyn. Hierdie termyn het daar vele kultuuraktiwiteite plaasgevind en die voorbereidings vir die produksie en tienertoneel het reeds in alle erns begin.…

Read more

Peter McLea – ’n maestro van formaat

By Helpmekaar is die naam Peter McLea sinoniem met musiek en kreatiwititeit. Ons is bevoorreg om te kan deel in die talent van dié welbekende musikale genie. Sy twee kinders, Shani en Vaughan, is ewe talentvol. McLea, wat ’n BMus-graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf het, is een van Suid-Afrika se mees talentvolle musiekvervaardigers en -verwerkers en het al talle toekennings verwerf.…

Read more

A19 Kultuur agter die skerms: ATKV-tienertoneelkompetisie

Die ATKV-tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders. Helpmekaar se Tienertoneel-kenner, mnr. Eghard Basson, lig die sluier oor die wat in voorbereiding vir dié kompetisie:

Helpieflitse: Hoe lank neem dit om ‘n teks te skryf vir Tienertoneel en wat is ‘n paar tegniese reëls vir Tienertoneel?…

Read more