Helpies klits Covid-19

Kaitlin Scott

Covid-19 het ons almal onkant gevang en baie dinge het sedert verander.  Maskers is die nuwe normaal en drukkies heeltemal buite die kwessie.  So wat doen ‘n mens wanneer dié moeilike tye alles wat ons gewoond is aan verander? …

Read more

Drome vertel meer as net ’n storie

Megan Saaiman

Michael Grandner, direkteur van die Universiteit van Arizona se Slaap-en-Gesondheid-departement, skryf op die webtuiste www.insider.com dat die rede vir snaakse drome deur twee faktore beïnvloed word. “Die eerste faktor is dat ons brein verantwoordelik is om te leer, ons gevoelens te verwerk en die ophou van onthouvermoë te reguleer.…

Read more

Wanneer vryheid deur jou vingers glip

Anja Steyn

Almal is bewus van die oorsake en gevolge van die koronavirus; dit word wyd en suid verkondig. “Bly tuis; red lewens” is die slagspreuk wat telkens deur elke politikus geproklameer word. Die koronavirus is ’n probleem, ja, maar die manier waarop die staat tans ons lewens beheer, is egter kommerwekkend.…

Read more

Ontgrendel jou geestesgesondheid

Anje van Jaarsveld

Die meeste van ons het groot planne en aspirasies gehad om tydens die grendeltyd gesond te eet, fiks te word en dalk selfs ’n nuwe vaardigheid te bemeester. Tog het baie van ons waarskynlik vergeet om na ons geestelike welstand om te sien.…

Read more

Onthoof? Nee, net beroof!

Marno Breytenbach

Die gevreesde Covid-19-pandemie het net weer bewys watter belegging ons in Helpmekaar en in besonder ons hoof, mnr. Klaus König, en sy personeel het.

Ons hoof was nou wel gestrand in die vreemde, maar nee mede-Helpie-troepe, ons is nie onthoof nie, net van ons kosbare tyd saam met die hoof, personeel en ons pelle beroof. …

Read more

Maskers keer nie die Helpie-gees nie

Chanell Landman

Die Corona-virus-pandemie het nie enige plek in die wêreld onaangeraak gelaat nie. Regoor die aarde word mense in hulle huise met beperkte bewegingsruimte ingeboks. Boonop moet ‘n mens ‘n masker oor jou mond en neus dra as daar ‘n tree buite die hek gegee word.…

Read more

Matriek: ook die gewaarwordingsjaar!

Karla Jonker

“Die Bruin Reus op die Bult”, “Die Helpie-magic”, “Die Helpie-ketting”, “Komaan”. Hierdie sê-goed is slegs ‘n paar van die Helpies se gunstelinge. Dit is terme wat al aan ‘n Welpie in sy of haar eerste skooldae oorgedra word, maar waarvan die betekenis slegs al hoe meer na die einde van die skoolreis werklik begryp word.…

Read more