Scorpio of Sagittarius – sê jy maar self

Megan Saaiman

Teen dié tyd is die wêreld al gewoond aan verandering, maar wie sou ooit gedink het dat iets so standvastig soos die sterretekens ook verandering kan ondergaan? Op verskeie webtuistes is daar onlangs berig dat sterretekens verander het, maar of dit die waarheid is of nie, kan net jy besluit…

Daar is twaalf bekende diereriem (Zodiac) sterretekens: Ram (Aries), Leeu (Leo), Kreef (Cancer), Vis (Pisces), Skerpioen (Scorpio), Bul (Taurus), Boogskutter (Sagittarius), Tweeling (Gemini), Maagd (Virgo), Weegskaal (Libra), Steenbok (Capricorn) en Waterdraer (Aquarius).…

Read more

Eendag as ek groot is…

Marnique Hibbert en Anja Steyn

 

Helpies in elke graad het een ding in gemeen:  hulle is besig om voor te berei vir ‘n toekomstige beroep. Daarom is dit vir elke blinkoog Helpie belangrik om te weet hoe die beroepe van die toekoms lyk en hoe hulle hulself daarvoor kan voorberei.…

Read more

COVID-19: Rede tot kommer?

Anja Steyn

Die berugte COVID-19 virus, oftewel, die Koronavirus, soos dit algemeen bekend staan, is tans wêreldwyd ’n bron van kommer. Waarom die paniek?

 

Die uitbreking van dié virus het in Desember 2019 in Wuhan, China, begin. Volgens die Johns Hopkins Universiteit het die dodetal op 4 Maart 2020 reeds op 3 214 gestaan, terwyl meer as 94 251 gevalle van dié virus al bevestig is.…

Read more

Pottie, geen blompot!

Karla Jonker.  Daar is ‘n skouperd wat op Helpmekaar Kollege se gronde staan. ‘n Ryk brokkie geskiedenis wat op 19 September 2017 deel geword het van die Helpie-familie. Ongelukkig word hierdie item deur sommige leerders gesien as ‘n modieuse asdrom – wat egter glad nie sy doel is, of was nie – en deur ander leerders heeltemal onderskat word.…

Read more