22° Clear
Kies jou weergawe:

Flitse-debat: vir of teen?

Flitse-debat: vir of teen?

 

Gewoonlik het ‘n saak twee kante, nie waar nie? In hierdie uitgawe van die Helpie-flitse bekyk Sean Whitehead en Shane Lottriet die Caster Semenya-debat vanuit verskillende hoeke. Die internasionale atletiekliggaam probeer Semenya dwing om behandeling te ontvang om haar testosteroonvlakke te verlaag tot ‘n voorgekrewe syfer as sy steeds as vrou wil deelneem.

 

Semenya moet nie toegelaat word om as vrou deel te neem nie

Sean Whitehead

 

Caster Semenya, die Olimpiese 800 m-kampioen, moet nie toegelaat word om deel te neem in die vroue-afdeling sonder sekere vereistes nie. Sommige artikels berig dat Semenya ‘n toestand het wat as hiperandrogenisme beskryf word. Dit verwys na ’n natuurlike verhoogde vlak van testosteroon in vrouens. Dit is egter nie die geval nie – as dit wél die geval was, sou daar geen debat oor haar deelname wees nie.

Semenya het ’n interseksuele chromosomale verskynsel genaamd 46 XY DSD. Dit beteken dat sy ’n X- en Y-chromosoom besit in elke sel van haar liggaam, terwyl ’n vrou normaalweg twee X-chromosome bevat. Dit beteken dat haar genoom i.t.v geslagschromosome dié van ’n man is.

Boonop het sy ’n paar interne testikels én sy het ook geen baarmoeder nóg eierstokke (vroulike voorplantingsorgane) nie. Die aanwesigheid van testes en die manlike vlakke van testosteroon in die afwesigheid van vroulike voorplantingsorgane beteken dat sy nie eens vroulike vlakke van estrogeen kan produseer wat die testosteroon kan teenstaan nie. Haar vlakke van testosteroon is drie keer hoër as dié van die gemiddelde vrou. Dit gee haar ‘n onregverdige voordeel op die sportveld. Die regulasies ingestel vir Semenya is dus nie diskriminasie nie, eerder ’n beskerming van regverdigheid in vrouesport. Die teenwoordigheid van die Y-chromosoom word dikwels gesien as die enkele grootste genetiese voordeel wat ’n persoon kan hê.

Wat wél diskriminatories sou wees, is as sy die sport verban word. Die Internasionele Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) het volgens my vir haar ’n regverdige opsie gegee om haar testosteroonvlakke te reguleer of om in die mans-afdeling te kompeteer.

 

Semenya-debat plaas vooroordeel in sport in die kollig

Shane Lottriet

 

Ek is ’n Suid-Afrikaner – ek gaan beslis aan ons land se trots en talent se kant wees en wanneer dit bedreig word, gaan my reaksie wees om dit binne alle redelikheid te probeer beskerm.

My mening is dat die Internasionele Vereniging vir Atletiekfederasies (IAAF) se redenasie oor Caster Semenya se abnormale hoë testosteroonvlakke gebrekkig is. Ek voel dat dit eerder gebaseer is op die suiwer vooroordeel wat in die sportswêreld aan die orde van die dag is.

Semenya se hoë testosteroonvlakke is ’n genetiese toestand wat afwyk van wat daar normaalweg by vroue gesien word. Hierdie “afwyking” is die hoofargument oor hoekom dit onregverdig is vir haar om saam met ander vroue te hardloop, maar dit blyk dat hulle vergeet het dat vele top sportslui uit ’n reeks genetiese abnormaliteite bestaan wat hulle in staat stel om te doen wat geen “normale” mens sou kon nie, ongeag die hoeveelheid ure wat daar geoefen word.

Michael Phelps, die Olimpiese Spele se goue seun-swemmer, produseer ongeveer die helfte van die melksuur wat sy mededingers doen, wat hom ’n enorme voordeel bo hulle gegee het. In kontras met Semenya het die wêreld hom geprys oor hoe “gelukkig” hy is om so voordeel bo hulle te hê.

Ander glo ook dat die Jamaikane gene het wat hulle in naelloop-items jaar na jaar koning laat kraai.

In die geval word dit bloot gesien as talente wat ten volle tot hul voordeelgebruik word. Dit laat my egter wonder – hoekom word party abnormaliteite gevier en ander word veroordeel en verdoem tot onregverdig?

 

*Lees meer oor vroue-atlete, testosteroon en sportprestasie by https://www.rsgplus.org/gesondheid/waarom-is-sommige-vroue-se-testosteroonvlakke-verhoog/

 

 

 

Danielle Brink

Die debat oor die goed en sleg van elektroniese speletjies heers al meer as 30 jaar. Navorsing toon dat daar beide voor- én nadele is as dit by elektroniese speletjies kom. Danielle Brink het gaan ondersoek instel.

 

Volgens navorsing gedoen deur die Universiteit van Columbia en die Universiteit van Paris Descartes, vaar laerskoolkinders wat vyf of meer ure per week videospeletjies speel, beter akademies as die res van hul portuurgroep. Die onderwysers wat deelgeneem het aan die studie het ook verklaar dat die videospeletjie-spelers akademies beter studente is. Boonop vaar hulle ook goed in hul sosiale omgewings.

 

Tog bevraagteken sommige kindersielkundiges hierdie bevindinge. In ‘n artikel getiteld“Can Video Games Really Improve Academic Performance?” is die navorsers van mening dat die mees akademies suksesvolle studente heel moontlik meer tyd hét om videospeletjies te speel omdat hulle hul studies suksesvol voltooi. Die navorsers noem ook terselfdetyd dat “(videospeletjies) tot ‘n mate voordelig kan wees”, maar dat dit nie die geval is met alle videospeletjies nie. Hulle is verder van mening dat videospeletjies verslawend kan wees en kinders se aandag kan aflei van hulle studies.

 

Die lys van negatiewe gevolge blyk lank te wees: verslawing, verhoogte aggressie en verskeie gesonheidsgevolge soos vetsug word dikwels genoem. Wat duidelik is uit die empiriese navorsing is dat negatiewe gevolge dikwels gekoppel word aan mense wat buitensporig baie speel.

Volgens Dr Mark Griffiths, Professor aan die Nottingham Trent Universiteit, is dit verder die geval dat die negatiewe gevolge van rekenaarspeletjies meer aandag as die positiewe gevolge in die media kry. Volgens hom is die lys van positiewe gevolge langer as die lys van negatiewes. Sy navorsing het onomwonde gewys dat rekenaarspeletjies gebruik kan word vir opvoedkundige en terapeutiese doeleindes. Kinders wat rekenaarspeletjies speel, het onder meer ‘n verbetering in hand-oog-koördinasie getoon, asook verbetering in reaksie-tyd. “[R]esearch has shown that spatial visualization ability, such as mentally rotating and manipulating two- and three-dimensional objects, improves with video game playing,” sê Griffiths. Die kersie op die koek is dat rekenaarspeletjies ‘n speler se selfvertroue kan verhoog.

 

Verder is daar ook bewyse gevind dat spesifieke speletjies spesifieke voordele inhou.

Volgens ID Tech se blog “The Educational Benefits of Minecraft” verhoog die speletjie Minecraft lewensvaardighede – insluitend kreatiwiteit, spanwerk en probleemoplossing. Die tydskrif, PC Gamer, waarsku egter dat Minecraft lei tot verhoogde stresvlakke.

 

Kenners is van mening dat die hoeveelheid tegnologie-tyd beslis bestuur moet word. Tegnologie moet nie inmeng met slaap nie en ook nie met kwaliteit aangesig-tot-aangesig interaksie

 

 

Interaktief: Mees populêre speletjie

Overwatch

Apex

CS/GO

Minecraft

Fortnite?

 

 

Voordelig?

Stres reliever, stokperdjie

 

https://www.idtech.com/blog/educational-benefits-minecraft

 

 

 

Nadelig? Stres verhogers:

https://www.pcgamer.com/pcs-most-stressful-games/

Minecraft

The Walking Dead

Papers Please

Call of Duty

Super Meat Boy

 

https://www.huffpost.com/entry/7-ways-video-games-help_b_6084990

“Video games can help students learn valuable problem solving skills. Research conducted at Columbia University and Paris Descartes University found that elementary school-age children who played video games for five or more hours per week had a higher overall academic performance than their peers who did not play video games. The teachers participating in the study stated the game players were better students, both academically and in their social environments.” http://www.theesa.com/article/back-to-school-video-games-improve-academic-performance/

Vs.

https://www.melbournechildpsychology.com.au/blog/can-video-games-really-improve-academic-performance/