Helpies klits Covid-19

Kaitlin Scott

Covid-19 het ons almal onkant gevang en baie dinge het sedert verander.  Maskers is die nuwe normaal en drukkies heeltemal buite die kwessie.  So wat doen ‘n mens wanneer dié moeilike tye alles wat ons gewoond is aan verander? …

Read more

Afrikaanse boek van die maand

Die aangrypende verhaal van Anne Frank

 

Titel: Die Agterhuis

Outeur: Anne Frank

Uitgewer: Protea

ISBN: 9781869191887

Prys: R 145

Aantal bl: 350

Resensent: Aldoné Kok

 

Die Agterhuis is die biografie van Anne Frank, ń Joodse tienermeisie wat moes skuiling neem teen die Nazi’s, en sy vertel die verhaal van die Tweede Wêreldoorlog deur die oë van ‘n onskuldige jong meisie.…

Read more

Uit die skrywer se mond

Aldoné Kok

 

 

Deon Meyer is nie net ‘n groot naam vir Suid-Afrikaanse letterkunde nie, maar het ook naam gemaak in die buiteland. Sy boeke is in 27 tale vertaal en sy TV-program, Trackers, het ‘n hele paar Hollywood-reekse ore aangesit.…

Read more

Engelse boek van die maand

Catch 22 – wat ‘n vangs!

Titel: Catch-22

Skrywer: Joseph Heller

Uitgewer: Vintage Books

ISBN: 978-0-099-52912-5

Prys: 230

Aantal bladsye: 519

Resensent: Lydia la Grange

“It was love at first sight” is die eerste sin van die satiriese oorlogsverhaal Catch-22 deur Joseph Heller.…

Read more

Scorpio of Sagittarius – sê jy maar self

Megan Saaiman

Teen dié tyd is die wêreld al gewoond aan verandering, maar wie sou ooit gedink het dat iets so standvastig soos die sterretekens ook verandering kan ondergaan? Op verskeie webtuistes is daar onlangs berig dat sterretekens verander het, maar of dit die waarheid is of nie, kan net jy besluit…

Daar is twaalf bekende diereriem (Zodiac) sterretekens: Ram (Aries), Leeu (Leo), Kreef (Cancer), Vis (Pisces), Skerpioen (Scorpio), Bul (Taurus), Boogskutter (Sagittarius), Tweeling (Gemini), Maagd (Virgo), Weegskaal (Libra), Steenbok (Capricorn) en Waterdraer (Aquarius).…

Read more

Maskers keer nie die Helpie-gees nie

Chanell Landman

Die Corona-virus-pandemie het nie enige plek in die wêreld onaangeraak gelaat nie. Regoor die aarde word mense in hulle huise met beperkte bewegingsruimte ingeboks. Boonop moet ‘n mens ‘n masker oor jou mond en neus dra as daar ‘n tree buite die hek gegee word.…

Read more