Afrikaanse boek van die maand

Die aangrypende verhaal van Anne Frank

 

Titel: Die Agterhuis

Outeur: Anne Frank

Uitgewer: Protea

ISBN: 9781869191887

Prys: R 145

Aantal bl: 350

Resensent: Aldoné Kok

 

Die Agterhuis is die biografie van Anne Frank, ń Joodse tienermeisie wat moes skuiling neem teen die Nazi’s, en sy vertel die verhaal van die Tweede Wêreldoorlog deur die oë van ‘n onskuldige jong meisie. In die Afrikaanse vertaling van die boek het Anne se emosies nie verlore gegaan nie. Lina Spies het haarself goed van haar taak gekwyt om die dagboek te vertaal, mens sou dink dit kom direk uit Anne se pen.

 

Die Agterhuis se voorblad

Omdat dit ‘n dagboek is, kan mens nie verwag dat daar deurlopend kinkels in die kabels is nie, maar ‘n mens se gedagtes word meegevoer na die oorloggeteisterde Amsterdam. Anne bly positief en optimisties en haar skryfwerk is nie swaar nie, tog bly Die Agterhuis ‘n tranetrekker omdat die leser weet hoe Anne se storie tot ‘n einde kom.

Die Agterhuis is beslis ‘n boek wat op almal se rakke moet wees, boekwurm of nie. Daar is baie waardevolle lesse vir oud en jonk te leer. Kinders onder die ouderdom van 12 jaar mag dalk sukkel om te verstaan wat aangaan omdat daar temas is wat moeilik is om te verstaan en die taalgebruik kan ook ingewikkeld wees. Anne se lewe mag dalk tot ‘n einde gekom het, maar haar talent en liefde vir skryf word vandag nog, regoor die wêreld, waardeer.

 

Gradering: 8 uit 10

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *