Afrikaans: ‘n kakafonie van meesterklanke

Jené Becker

 

Afrikaans is ‘n redelike nuwe taal, maar hierdie taal het in die afgelope 100 jaar baie nuwe ontwikkelinge ervaar. Van Breytenbach wat filosofies dig tot Jack Parrow wat rof en onbeskof rymklets in ons taal, is daar daaglikse nuwe ontwikkeling in Afrikaans.

Afrikaans word maar vir die laaste 90 jaar as taal erken, maar het tog ‘n ryk geskiedenis wat oor ‘n baie langer tydperk as 90 jaar strek. In 1595 het die Khoi-Khoi Afrikaans ontwikkel om handel te dryf met die seevaarders, toe eers, meer as 300 jaar later, het ‘n onderwyser met die naam, Arnoldus Pannevis, gehoor sy leerders praat dié vreemde taal en doop dit toe Afrikaans. In 1925 het Afrikaans Hollands vervang as amptelike taal van Suid-Afrika.

Elke jaar word daar talle feeste in Suid-Afrika gehou om Afrikaans as taal te vier met ‘n verkeidenheid aktiwiteite, soos toneelstukke, boeke en musiek. Voorbeelde hiervan is die InniBos-fees, die KKenK-fees, Aardklop, OppiWater, OppieKoppie, Liefde by die Dam en die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees. Daar is dus talle geleenthede waar jy trots Afrikaans kan vier en in Afrikaans pret kan hê.

Afrikaans mag ‘n redelike nuwe taal wees, maar dit het die mees plesierige mense, interessante uitdrukkings en woorde. Afrikaans is ‘n feesviering wat ons moet waardeer. Praat Afrikaans en geniet elke oomblik daarvan!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *