A19 Van Welpies tot Helpies

Dit is die eerste wonderlike week van ʼn graad 8 te wees by Helpmekaar. Volgens egte Helpmekaar-tradisie het die Matrieks van 2023 (dis nou die Welpies van 2019!) se reis na Helpie-word ook met ʼn spesiale tema “Op spoor” afgeskop. Elke nuweling, gewapen met ʼn blou hoed, ʼn verkykerbord en ʼn Alter Ego-plakkie, was gereed om die pad van Welpie tot Helpie te stap.

Vrydagaand 11 Januarie 2019, na ʼn uitputtende en emosionele week van ontgroening, het die tyd aangebreek. Glinsterende stadsliggies weerkaats in die skoolswembad en die matriekleerlinge vorm ʼn ketting met brandende fakkels. Elke Welpie se naam word uitgelees en elkeen ontvang ʼn ballon vol liggies ‒ ʼn simbool van die Helpie-“magic”. Die Welpies het hul hoedens vir “bashers” en pette verruil, hul Alter Ego-plakkies verruil vir skoolskoene en hul borde vervang met die identiteit van ʼn trotse Helpie-baadjie. Met die matrieks agter hulle en hul maats langs hulle, sing die nuwe Welpies trots hulle skoollied.

Me. Adel Dickens, graadvoog van die graad 8ʼs sệ, “Toe ek afkyk na elkeen van daai Helpies, het ek soos ʼn trotse ma gevoel”.

Angelѐ Bezuidenhout (graad 8) sệ: “Om soos ʼn Helpie te voel is opwindend en alles is lekkerder!”

Om uiteindelik skoolklere te kan aantrek en deel te wees van die Helpmekaar-ketting is besonders, maar nou is dit tyd om hard te werk, op jou pos te wees, jou alles te gee en elke oomblik te geniet by Helpmekaar. Onthou jy is nou deel van die Helpie-tradisie, van ʼn ketting wat nooit breek nie! Die nuwe Helpies is waarlik OP (DIE REGTE) SPOOR!!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *