A19 Spanne gesels dat die spoeg spat

Spraakgilde (deelname in Afrikaans) en speech guild (deelname in Engels) is die ideale geleentheid vir ‘n span van vier deelnemers om hul opinies op ‘n formele manier aan ‘n gehoor oor te dra, in Afrikaans en Engels onderskeidelik. ‘n Toespraak van 15 minute word geskryf oor ‘n onderwerp van die span se keuse, waarin dié  span hulle standpunt moet oordra.

Volgens me. Nadia van der Merwe is die temas van die toesprake lekker uiteenlopend. Een span bekla die lot van graad 9’s, terwyl ‘n ander span krities staan teenoor “helikopter-ouers”.

Helpmekaar het hierdie jaar ‘n totaal van 16 spraakgilde spanne, wat almal op Maandag 11 Maart aan die eerste spraakgilde-kompetisie sal deelneem teen ander hoërskole wat insluit: Randburg, Jeugland en Bastion. Helpies het ook met speech guild in die voorbereide- en onvoorbereide afdelings deelgeneem. Geen uitslae is al ontvang nie.

Bernice Joubert (gr.10) geniet speech guild geweldig en voel dat dit baie voordele inhou. Sy sê:  “Met die impromptu speech guild wat ek gedoen het, leer dit jou om onder druk op jou voete te dink!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *