A19 Modeparade is dié glansgeleentheid van die jaar

Die glansryke Helpmekaar-modeparade is daardie geleentheid op die kalender waarna elke jaar uitgesien word. Die jaar was geen uitsondering nie en die vraag na kaartjies was oorweldigend. Gaste word in 2019 weggevoer na ‘n

geheime bestemming en die vier vertonings, insluitend ‘n teemaaltyd (high tea), is vinnig uitverkoop.

Die sterre van die aand is natuurlik die modelle. ‘n Groep van 73 seuns en dogters werk hard om seker te maak alles verloop seepglad en professioneel. Die modelle offer hul Sondagmiddae op om hul passies by die geheime bestemming in te oefen voor die amptelike vertonings. Gabby Coetzee, een van die gr12-modelle, sê dat hulle baie uitsien na die vertonings en gereed maak om doodmoeg te wees! “Dit is lekker om deel te wees van iets so groot en te weet dat jy ‘n bydrae tot die finale produk lewer.”

Die m

odelle het ‘n voorsmakie gekry van die pragtige skeppings wat die gaste gaan sien. Een van vanjaar se ontwerpers is die befaamde Yihan Brönn. Hy het verlede jaar aandag getrek met sy unieke suurstofmaskers waarmee sy modelle geloop het. Hy het onderneem om hierdie jaar nie teleur te stel nie en gaan vir elkeen van sy modelle unieke uitrustings skep spesiaal vir die geleentheid.

Agter die skerms werk die aantrekkers net so hard tydens die kleedrepetisies en die vertonings. Hulle is verantwoordelik dat die modelle vinnig verklee en hul volgende uitrustings betyds en perfek aantrek. Die kelners berei hard voor om die gaste op ‘n elegante wyse te bedien. Na afloop van die aand is daar vir die kelners ook ‘n oomblik van glorie wanneer hul soos wafferse modelle paradeer.

Elke jaar word die Helpmekaar-modeparade baie spesiaal, uniek en uiters professioneel aangebied. Hierdie jaar spog met ‘n geheime bestemming, ‘n bekende gaskunstenaar en pragtige uitrustings van Suid-Afrika se top Haute Coutoure-ontwerpers.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *