A19 Kultuur agter die skerms: ATKV-tienertoneelkompetisie

Die ATKV-tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders. Helpmekaar se Tienertoneel-kenner, mnr. Eghard Basson, lig die sluier oor die wat in voorbereiding vir dié kompetisie:

Helpieflitse: Hoe lank neem dit om ‘n teks te skryf vir Tienertoneel en wat is ‘n paar tegniese reëls vir Tienertoneel?

Mnr Eghard:   Elke teks is uniek en dit hang af van die styl, genre en inspirasie. Sekere

stories word makliker ontgin as ander. Tekste moet tussen 20-45 min lank wees. Styl en genre maak nie saak nie.

Helpieflitse: Hoe lank oefen ‘n Tienertoneel produksie voor die optredes?

Mnr. Eghard:  Ons het reeds in Februarie begin en dan rond ons af in die April-vakansie en veral in die Julie-reses.

Helpieflitse: Watter tipe leerder neem deel aan Tienertoneel?

Mnr. Eghard:  My ervaring is dat dit ‘n goed gebalanseerde leerder is, maar elke jaar

verbaas die Helpies my met verborge talente en kan ek nie ‘n etiket plaas op

jou tipiese toneelkind nie.

Helpieflitse: Wat is die moeilikste uitdaging in Tienertoneel?

Mnr. Eghard:  Om repetisies vas te maak, want eweskielik het een akteur/aktrise ‘n swem-talent oor die Desember-vakansie ontwikkel en nou beperk dit ons oefentye (tong in die kies)

Helpieflitse:  Enige raad vir die aspirante Tienertoneel-deelnemers?

Mnr.Eghard:   Aan elke Helpie: moenie ontmoedig word deur elke jaar te oudisie nie – elke jaar is die storie nuut en die verwagtinge dus anders. Kom voorbereid, leer jou woorde uit jou kop en kom vermaak die paneel: dis jou oomblik om aan ons te bewys wat in jou steek! Miskien is 2020 jou jaar!

One thought on “A19 Kultuur agter die skerms: ATKV-tienertoneelkompetisie

  • June 17, 2020 at 6:57 pm
    Permalink

    Hi, I do think this is an excellent blog. I stumbledupon it 😉 I will come back once again since I book-marked it. Money and freedom is the greatest way to change, may you be rich and continue to guide other people.

    Reply

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *