A19 Groentjiekonsert groot sukses

Vrydagaand, 11 Januarie, na ‘n lang en uitputtende week van “blaf-tot-die-boom-vir-jou-terugblaf” en om te “dans-soos-ʻn-piesang” was vanjaar se graad agt-groentjiekonsert die informele inhuldiging van Welpie tot Helpie. Elke Welpie was deel van dié vermaaklike opvoering wat geskryf, gechoreografeer en geredigeer is deur Helpmekaar se graad 12-dramastudente.

Vanjaar se produksie, getiteld,“Die Republiek van Helpmekaar”, het die storie vertel van hoe uiteenlopende reisigers deur die wêreld toer, almal opsoek na hulle eie “paradys” wat eindelik net by Helpmekaar gevind kon word. Die vertoning, waarvoor daar net een middag geoefen is, het die vertellings slim verveef met nie minder nie as 15 danse.

Marie Mouton, (gr. 12) die skrywer van die produksie, sê dat sy dit baie geniet het om saam met mede-klasmaat, Charl du Toit aan die produksie te werk. en is trots op almal wat betrokke was. “Te danke aan ons hardwerkende toneelgeselskap en ook die matrieks wat agter die skerms gewerk het, was die vertoning ‘n groot sukses. Die graad 8-hoofkarakters met wie ons gewerk het, het almal hulle deel gedoen voor die tyd en het werklikwaar hulle beste gelewer op die aand van die vertoning.” Sy voeg by dat vir haar groot pret was om saam met die graad agt’s te werk en hulle beter te leer ken.

Regisseur van die groentjiekonsert, Charl du Toit (gr. 12) is ook baie tevrede met die eindproduk. “Hulle spel het definitief hulle ouderdom oortref. Hulle het natuurlike aanvoeling gehad vir hulle rolle, en ons kon sien hulle het moeite gedoen.”

Vir die graad agt’s was dit ook ‘n spesiale geleentheid. “Dit was iets wat ek nooit sal vergeet nie, ek het nuwe vriende ontmoet en ‘n fantastiese aand gehad!” vertel Lisa Loubser (gr 8).

Volg die skakel om vir jou gunsteling dans te stem:

[E-Flitse, asb sit ‘n skakel in wat na HMK24 gaan, waar die Helpies kan stem vir hulle gunsteling groentjiekonsert-dans]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *