A19 Flinkpraters maak stem dik

Is jy ‘n mens wat hou daarvan om te praat tot die stoom by jou ore uitkom? Word jy gefrustreerd as jou ouers jou vra om stil te bly wanneer jy jou mening wil lig? Wel, dan is debat vir jou!

Debat is ‘n plek waar jy KAN terugpraat. In teendeel, jy MOET terugpraat! Anders as by die huis, is die debatomgewing ‘n plek waar tieners hulle vurige argumente en veelbesproke standpunte kan rondgooi sonder om in die moelikheid te beland.

Dit blyk dat heelwat Hepies lus het vir praat hierdie jaar. Twee en vyftig Helpies het die debatkursus en -spanuitdunne op 18 en 19 Januarie bygewoon.

Die uitdunne is op ‘n “dink-of-sink”-wyse gehou. Leerlinge het slegs tien minute gehad om in hulle spanne, bestaande uit drie lede, argumente oor die tema voor te berei. Die junior leerders (gr. 8 en 9) moes die debat-eksperts, dit is nou die onnies, oorreed waarom sosiale media voordelig (of nadelig) vir Suid-Afrika se tieners is. So kon hulle sien of ‘n leerlinge op sy of haar voete kan dink onder dieselfde tipe druk as wat by ‘n kompetisie ervaar word.

Me. Adelia Murry, Helpmekaar se debat-organiseerder, reken dat debat jou op vele terreine help en jou voorberei vir situasies waar jy jou mening moet lig of selfs in ‘n spannningsvolle situasie soos ‘n werksonderhoud.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *