Mini-Getaway-kamp stel nie teleur nie

DI Hub word goudgeel verlig deur die sonsondergang terwyl kampangers lofsing tydens die Mini-Getaway-kamp. (Foto verskaf)

Deur Nina Germishuysen

Die gewilde jaarlikse Getaway-kamp, wat gewoonlik oor vier dae strek, was noodgedwonge in 2020 ook aan die inperking onderworpe. Maar tipies aan die Helpie-gees, waar dinge in tye van krisis nie afgestel word nie, maar daar eerder geïmproviseer word, het die organiseerders besluit om dié tradisionele uitkamp te omskep in ‘n tuiskamp.…

Read more

Helpmekaar se stukkie goud

Die Goldenboys van 2019/2020 sing ingehak vir die laaste keer hul kreet. Foto: Manise Hattingh

Deur Cara Kotzé

“Die opwinding wat elke Goldenboy ervaar voor ‘n optrede is ongelooflik! Die energie tussen die ouens is dinamies: ‘n Laaste opstoot word gedoen om te verseker dat elke spier geoefen is, aanmoedigende en opbouende woorde word tussen mekaar uitgedeel, en die laaste bietjie goud word geverf.…

Read more

Scorpio of Sagittarius – sê jy maar self

Megan Saaiman

Teen dié tyd is die wêreld al gewoond aan verandering, maar wie sou ooit gedink het dat iets so standvastig soos die sterretekens ook verandering kan ondergaan? Op verskeie webtuistes is daar onlangs berig dat sterretekens verander het, maar of dit die waarheid is of nie, kan net jy besluit…

Daar is twaalf bekende diereriem (Zodiac) sterretekens: Ram (Aries), Leeu (Leo), Kreef (Cancer), Vis (Pisces), Skerpioen (Scorpio), Bul (Taurus), Boogskutter (Sagittarius), Tweeling (Gemini), Maagd (Virgo), Weegskaal (Libra), Steenbok (Capricorn) en Waterdraer (Aquarius).…

Read more